Die twee broers, Joseph Michel Montgolfier (geb. 26 Augustus 1740 – † 26 Junie 1810) en Jacques-Étienne Montgolfier (geb. 6 Januarie 1745 – † 2 Augustus 1799) was die uitvinders van die warmlugballon. Die broers het die eerste bemande vaart met 'n jong wetenskaplike en 'n weermagoffisier as loodse moontlik gemaak. Hulle is later deur die Franse koning tot die adelstand verhef tesame met hulle pa, broers en susters.